Ons Storie
Ek het Vlot gestig omdat ek glo dat tegnologie nie intimiderend of onbereikbaar hoef te wees nie. Ek wil kleinsakeondernemings en individue help om die onbekende met selfvertroue aan te pak — of dit nou ‘n webwerf, video, ontwerp, of kunsmatige intelligensie is.
Met meer as 10 jaar se ondervinding in die digitale en druk-kreatiewe bedryf, werk ek as ’n voltydse ontwikkelaar, videoproduksie-kenner, en AI-integrasie-spesialis. Ek kombineer tegniese kundigheid met kreatiewe insig om oplossings te bied wat nie net werk nie, maar sin maak.
Vlot bied eenmalige dienste en konsultasie-oplossings — van webwerfontwerp en grafiese inhoud, tot gevorderde digitale integrasies.
My doel is om tegnologie vir jou vlot en verstaanbaar te maak, sodat jy kan fokus op wat jy die beste doen — jou besigheid laat groei.